“Kweekburger” na museum

Kweekvleis

Prof. Mark Post met ‘n houertjie van die kweekvleis. Foto: ANP

Die een kweekburger is opgeëet, maar sy “tweelingboetie” is gebalsem en aan die Museum Boerhaave in Nederland geskenk om bewaar te word.

Die “kweekburger” was teen die middel van verlede jaar in die nuus toe prof.
Mark Post van Maastricht daarin geslaag het om kweekvleis van die stamselle van ‘n koei te kweek. Slegs ‘n klein hoeveelheid is gekweek.

‘n Deel hiervan is in ‘n hamburger verwerk, wat te midde van groot fanfare in Londen aan fynproewers voorgesit is.

Die Museum Boerhaave spesialiseer in innovasie in natuurwetenskaplike en mediese navorsing.

Bron: Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.