Kwêla-klag van die hand gewys

kwela funnies

Die video volg onderaan die berig.

ʼn Klag oor ʼn insetsel op die kykNET-program, Kwêla, was nie onstellend genoeg vir die Uitsaaiklagtekommissie (UKKSA) om te ondersoek nie.

Die kommissie het Maandag in sy uitspraak gesê die insetsel, wat gewys het hoe ʼn seun se penis in sy broek se ritssluiter vassit, is ná 20:00 in die aand vertoon.

Intekenaars is aanhoudend deur Multichoice ingelig dat ouers daarvan bewus moet wees dat hulle nie kinders moet toelaat om programme ná 20:00 in die aand te kyk nie.

ʼn Klaagster het die video as “onder die belt” en vernederend vir die seun beskryf. “As ʼn ma van twee jong dogters (onderskeidelik ses en sewe jaar oud) was ek uiters ongemaklik om te verduidelik wat op die televisie gebeur,” het die klaagster gesê. “Ek is nie preuts nie, maar beskou dit glad nie as snaaks nie. Ek voel jammer vir die seun wat nou sy vriende by die skool in die oë moet kyk nadat sy vernedering op televisie uitgesaai is.”

ʼn Ander klaer het gesê ʼn familieprogram soos Kwêla moet versigtig wees wat hy uitsaai. “Duidelik was daar geen poging aangewend om die pornografiese materiaal te verbloem of weg te steek nie.”

kykNET het reageer en gesê die seun se ouers het in ʼn e-pos gesê hy is nou “beroemd” by die skool en hy is tevrede. “Kwêla het besluit om die video te gebruik omdat dit onskuldig en snaaks is,” het kykNET gesê. “Die ouers het self die video met die toestemming van hul seun ingeskryf.”

Die 10-jarige seun se insetsel het die derde meeste stemme gekry vir sy pynlike oomblik en hy het ʼn 4×4 Echo-opslaankaravaan ter waarde van R125 000 vir sy ouers gewen.

Die UKKSA het gesê dit word bevraagteken of die seun se vrees en vernedering uitgebuit moes word, maar het uit ʼn volwasse perspektief besluit dat die insetsel ʼn toneel gewys het wat in die samelewing verdra kan word. “Ons grondwetlike hof het beslis dat dit wat aanstootlik is vir die moraliteit van ʼn individu of groep nie noodwendig as ʼn beperking tot vryheid van uitdrukking kan optree nie,” het die UKKSA gesê. “Ons het besluit dat, indien die UKKSA sou optree deur ʼn waarskuwing uit te reik, dit dalk mag voorkom as ʼn tipe sensuur, wat afstootlik is vir enige samelewing wat gebou is op die beginsel van vryheid van keuse.”

Die klag is van die hand gewys, maar indien die uitsaaier ʼn mondelingse waarskuwing wil bied voordat die insetsel weer uitgesaai word, staan dit hom vry om dit te doen, het die UKKSA bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Dikkes ·

Ag asseblief tog, die seuntjie se geslagdeel word nie gewys nie. Onder die belt se gat. In elk geval dogtertjies onderskeidelik 6 en 7 jaar behoort na 8 in hulle bedjies te wees, ligte af! Nie preuts nie, nou wat is sy dan? Nie preuts nie, nie snaaks nie, nou vir wat het sy dit dan gesit en kyk, en hoekom was haar dogtertjies nie in hulle bedjies nie? FLUIT FLUIT MY STORIE IS UIT!

Amy ·

Ag asseblief tog. En buitendien, die seun het toestemming gegee dat die video ingestuur mag word!!! Wens mense wil ophou om so flippen preuts te wees!!!

Babs Lotter ·

Ek sal nooit in my lewe daaraaan dink om my seun so bloot te stel nie. Dis ongevoelig

leon ·

Die klaagster wat se sys nie preuts nie moet asb. laat weet as hulle na standbeelde gaan kyk dat ons vir hulle kan klere aantrek. Ek is seker dit het al met 90% van ons gebeur.

Jaco Gericke ·

Lol Mev dieselfde het met my gebeur toe ek klein was, ekt n grap by die skool gemaak daaroor. Party mense EN kinders het n sin vir humor.

Eben ·

Kwela julle kan bly wees ek het nie myne vir julle gestuur … before/after :-) Dan sal ek graag die suurgatte se kommetaar wou lees, indien hulle nie vir my gestem het!

Ag nee mense word groot. Aan daardie seun ….. Jy is nou beroemd en ek hoop nie hulle noem jou ‘Mnr” by die skool :-)

Marietjie Marx ·

Ai tog! Daar was niks gewys nie. Net die kind se pyn. Dis nou maar net iemand wat niks gehad het om te doen nie, wat kla. Jy kry maar mense wat net die hele dag kla om dat hulle lewens so borring is!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.