“Kyk vir my! Ek wil hê hy moet vir my kyk!”

Steyn tydens sy verskyning op 13 Desember in die Krugersdorp streekshof. Foto: Werner Beukes/SAPA

“Kyk vir my! Ek wil hê hy moet vir my kyk!” het Shereen de Waal gister vir haar dogter se vermeende moordenaar gesê tydens sy verskyning in die Palm Ridge-landdroshof in Alberton.

Johannes Jacobus Steyn, die sogenaamde “Sondagverkragter”, het egter nie hierop reageer nie en bly afkyk. Steyn het deurgaans notas gemaak met sy Bybel wat langs hom gelê het. Die hof het gister gehoor dat ʼn identikit wat met behulp van een van die vermoorde Louise de Waal (17) se vriendinne opgestel is tot Steyn se inhegtenisneming gelei het. Ao. Riaan Jooste het getuig dat hy op 17 Oktober, die dag wat De Waal vermoor is, ʼn oproep ontvang het van ʼn vrou wat anoniem wou bly. “Sy het gesê sy het die identikit op TV gesien en dat sy die man ken en dat sy naam Jaco Steyn is.” Jooste sê hy het ʼn lys van 17 moontlike verdagtes opgestel en het op Steyn afgekom terwyl hy polisierekords nagegaan het aangesien hy voorheen ʼn klag teen iemand ingedien het. Dit het daartoe gelei dat ao. Danie Pieterse na Steyn se huis is om te soek na ʼn silwer bakkie, wat hy hier gekry het. Pieterse het agter op Steyn se bakkie gesoek waar hy ʼn swartsak met De Waal se rugsak en selfoonsakkie gevind het. “Ek het die swartsak oopgemaak en ʼn pienk en grys skoolsak gevind. Daar was plakkers op met die naam Louise de Waal,” het Pieterse getuig.

Jeanette Ferreira en haar broer Theunis, wat op die plaas in Magaliesburg woon waar De Waal se liggaam gevind is, het ook gister getuig. Theunis sê hy het die oggend van 17 Oktober 2011 rook gesien op die plaas. Hy het sy suster gebel en gevra om ondersoek in te stel aangesien hy te besig was. Jeanette het getuig dat teen die tyd wat sy op die toneel aangekom het die rook opgehou en sy ʼn verkoolde lyk gevind het. Sy het onmiddellik die polisie in kennis gestel. Kapt. Martin Smith het getuig dat die liggaam onherkenbaar verkool was.

Steyn (35) staan tereg op twee aanklagte van moord, 11 aanklagte van verkragting, 10 aanklagte van seksuele aanranding, een van poging tot seksuele aanranding, 10 aanklagte van ontvoering, een van poging tot onvoering en twee aanklagte van aanranding. Steyn word aangekla van die moord op De Waal en Lazanne Farmer (14). De Waal is in Oktober verlede jaar ontvoer terwyl sy en ‘n vriendin op pad skool toe was in Randburg. Haar verkoolde lyk is dieselfde dag op ‘n verlate plaas in Magaliesburg gevind. Steyn het hom die volgende dag by die Margate-polisiestasie in KwaZulu-Natal oorgegee. Farmer en ’n 16-jarige vriendin is Sondag 5 September 2010 in Elandspoort in die weste van Pretoria ontvoer. Farmer het uit die ontvoerder se bakkie na haar dood gespring. Haar vriendin is glo hierna in ’n beboste gebied verkrag. Steyn se jongste slagoffers was glo twee 11-jariges. Die “Sondagverkragter” word verbind met verkragtings in Vanderbijlpark, Krugersdorp, Potchefstroom

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.