KZN-dokter verkrag glo manspasiënt

‘n 25-jarige dokter is in Estcourt, KwaZulu-Natal in hegtenis geneem nadat hy glo een van sy manspasiënte verkrag het.

“Die dokter het glo die 21-jarige man Woensdagaand vir drankies genooi, hom dronk laat word en toe by sy huis in Macfarlaneweg verkrag,” het kol. Vincent Mdunge, woordvoerder van die polisie, gesê. Die vermeende slagoffer het glo wakker geword toe die dokter besig was om hom te verkrag. Hy het die perseel verlaat en die saak by die polisie aangemeld. Die dokter is in hegtenis geneem en het Vrydag in die landdroshof in Estcourt verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Dirk J. Coetzee ·

My ouma het altyd, wanneer iets onverstaanbaar gebeur het, die volgende vraag gevra: “Moet jy nou nie ‘n otter maak nie?”

Ek weet nie wat haar vraag nou eintlik beteken het nie, maar oor hierdie gebeure wil ek dieselfde sê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.