KZN-man wil Malema ‘doodmaak’

ANC-jeugligaleier, Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

ʼn Man van KwaZulu-Natal, geklee in ʼn ‘Superman’-skouermantel, moes vroeër die week verdoof word nadat hy by ʼn winkelsentrum op motors se enjinkappe gespring het en geskreeu het “Ek soek vir Julius Malema”.

Die Citizen berig dat die man, wat ʼn kort broek gedra het en kaalvoet was, ook inkopietrollies voor die winkelsentrum rondgegooi het. Die man is deur die polisie na ʼn nabygeleë polisiestasie geneem. Die man het aan ʼn verslaggewer gesê hy is ʼn ‘Superman’ van die wolke en dat hy deur ʼn ghoeroe van Indië gestuur is om iemand dood te maak wat se naam met die letter J begin. Hy sê die persoon is die geskorste ANC-jeugligaleier, Julius Malema. Die man is na die Dundee-hospitaal geneem waar hy verdoof is. Hy kan moontlik aangekla word van kwaadwillige saakbeskadiging. Malema is Donderdag vir vyf jaar uit die ANC geskors deur die party se nasionale dissiplinêre komitee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.