KZN-munisipaliteite: Sewe uit 61 kry skoon oudits

KwaZulu-Natal

KwaZulu-Natal

Sewe van KwaZulu-Natal se 61 munisipaliteite het ʼn skoon oudit vir die 2012/13 finansiële jaar gekry.

“Dié sewe skoon oudits vir KwaZulu-Natal-munisipaliteite is die beste resultaat wat die provinsie tot op hede gesien het en is ʼn hoogtepunt van bestendige verbeterings,” het Nomusa Dube-Ncube, LUR vir samewerkende regering, Woensdag gesê.

Sy het gesê die departement het saam met munisipaliteite gewerk om die uitkoms van hul oudits te verbeter.

Die munisipaliteite wat skoon oudits ontvang het, is Uthungulu, Umhlathuze, Ntambanana, Ubuhlebezwe, Umzimkhulu, Okhahlamba, en Msinga.

Tydens die vorige oudit het slegs een munisipaliteit in die provinsie ʼn skoon oudit gekry.

Altesaam 19 ander munisipaliteite het ʼn verbeterde oudit getoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

JB ·

Dit is glad nie iets om op trots te wees nie!!. Dit wys nog net steeds dat amper 90% nog korrup is!

Eben ·

Nomusa Dube-Ncube as 11.47% vir jou ‘ … beste resultaat wat die provinsie tot op hede gesien het en is ʼn hoogtepunt van bestendige verbeterings” goed is, is jy met alle respek nie lekker bo! Dis pateties ….. wat van die ander 54? Wie het die swakste gevaar ek wat gaan jy daaromtrent doen. Los die ander 7 uit wat kamstig goed is, wat van die ander. Terloops is die oudits goed gedoen? Is die n respekteerde ouditeurs firma?

Komaan Nomusa …. dink jy dit gaan vir julle verkiesings stemme bring? Aikona!!!

Stoere Boer ·

As dit ‘n hoogtepunt is wil ek nie die laagtepunt beleef nie. Die standaard is maar tipies Afrika standaard.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.