KZN-plaasmoord: Boer se naam bekend

Argieffoto.

Argieffoto.

Die naam van die 56-jarige boer van Himeville in KwaZulu-Natal se Underberg-distrik, wat Donderdagaand op sy plaas Outlook aangeval en glo met ‘n hamer doodgeslaan is, is bekend gemaak.

Dan Knight is Donderdag omstreeks 18:30 op sy plaas aangeval. “Die boer se vrou is glo in die badkamer toegesluit,” het kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media gesê. “Die vrou kon ontsnap en het bure se hulp gaan ontbied. Toe hulle terugkom, was die verdagtes reeds lankal weg en haar man dood.”

Die verdagtes het twee voertuie en ‘n haelgeweer gebuit.

“Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. Die polisie ondersoek die saak,” het Zwane gesê.

Lees ook:
Plaasmoord: Boer glo met hamer doodgeslaan

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jasper ·

7 Blankes is die afgelope 48 uur in S.A vemoor. Maar die 10 Okt. optogte was rassisties ?
Wakker wees Boervolk, hier kom n ding.

wllie ·

Die regstelsel werk vir almal behalwe ons vaal velle. Sluk die pil, want dis waar. Moet maar na onsself begin kyk.

Chris ·

Lyk my ons moet deesdae soos die “Cowboys” van ouds met die wapen aan die sy loop. Dalk al hoe ons anvalle kan oorleef. Dit is seker ook onwettig om jouself te beskerm. As jy met n wapen loop is jy seker rassisties.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.