KZN-raadslid se kantoor aan die brand gesteek

Die kantoor van ʼn raadslid van Umlazi in KwaZulu-Natal is Sondag deur ontevrede inwoners aan die brand gesteek.

“Sowat 200 mense het Sondag by die kantore in Glebelands Reunion-hostel in Umlazi, suid van Durban, bymekaargekom,” het kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie in KwaZulu-Natal, gesê. “Die inwoners het Donderdag teen dienslewering betoog. Hulle het die kantoor Sondag aan die brand gesteek.”

Die polisie ondersoek ʼn klag van brandstigting.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie en geen beserings is aangemeld nie. Zwane kon nie kommentaar lewer oor die motief vir die aanval nie.

Thabo Mofokeng, woordvoerder van die Ethekwini-munisipaliteit, kon nie dadelik kommentaar lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.