KZN-sakeman veilig opgespoor

Bruce Galloway

Bruce Galloway (59) wat sedert Dinsdag vermis word nadat hy voor sy huis in Kloof, KwaZulu-Natal ontvoer is, is Donderdag veilig opgespoor.

Brad Nathanson, privaatspeurder, het bevestig dat Galloway in Bridleweg, Kloof aangetref is. ‘n Rolprent is glo by View Point verfilm en studente het ‘n geroep uit ‘n bos, 20m onder View Point, gehoor. Hulle het teruggeroep en die man het homself as Bruce Galloway identifiseer. Hy het hulle versoek om met sy familie in verbinding te tree.

Die familie het die polisie en Brad Nathanson in kennis gestel van die verwikkelinge.

ER24, Gillits-brandweer, die polisie in Hillcrest, die polisie van Pinetown, SACAN (Suid-Afrikaanse gemeenskapsaksienetwerk) en Galloway se familielede het hulle na die toneel gehaas.

Galloway is glo deur sy ontvoerders by View Point afgegooi. Hy is na veiligheid gebring.

“Hy het van seer ribbes gekla en hy het ‘n sny langs een van sy oë gehad,” het Nathanson gesê. “Die ringvinger aan sy linkerhand is ook beseer toe die ontvoerders vermoedelik sy trouring wou afsny.”

Hy is na Hillcrest-hospitaal geneem waar hy mediese behandeling vir sy beserings sal ontvang.

Lees ook:
R50k beloning vir vermiste KZN-sakeman
Man van KZN glo ontvoer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dorothey ·

Dank Vader hy lewe en is nie erger beseer nie. Vader help hom om die trauma wat hy moes deurmaak verwerk en dat hy weer sy lewe kan voortsit saam met sy familie.

Miss Knysna ·

Thank the Lord this man is safe. There is too much crime in this beautiful country.

Paul ·

Dit is Goddelike ingryping en Genade!! Ons hoop en bid dat hulle die skurke ook sal opspoor.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.