KZN-skooldogter verkrag

‘n Graad 10-leerling is in KwaZulu-Natal op pad skool toe verkrag.

“Die tiener was Dinsdagoggend saam met ‘n ander leerling op pad skool toe, toe ‘n man met ‘n mes haar aangeval het,” het Munu Lukhozi, woordvoerder van die departement van onderwys gesê, berig SowetanLIVE. Die man het glo die 19-jarige in die bosse in gedwing en haar verkrag. Die ander dogter kon ontsnap.

Die tiener het ná die aanval skool toe gestap en die voorval by die skoolhoof aangemeld. “Sy is vir ‘n mediese ondersoek na Eshowe-hospitaal geneem,” het Lukhozi bygevoeg.

Senzo Mchunu, LUR vir onderwys in die provinsie, het gesê hy is geskok. “Dit is ‘n jammerte dat ons voortdurend met seksuele misdrywe teen kinders, veral dogters, te doen kry,” het hy gesê.
‘n 8-jarige van Mvutshini in Gingindlovu is in April verkrag. ‘n Tiener het haar naby haar huis in ‘n suikerrietplantasie ingetrek, waar sy aangeval en verkrag is. Haar linkeroog is uitgekrap en sy het uit beide oë gebloei. Sy het van die skool af huis toe gestap. Haar aanvaller het haar ook in haar nek gebyt. Sy is by Ngwelezane-hospitaal behandel. Die seun se ouma het die polisie gekontak toe mense hom van die verkragting aangekla het. Hy het glo vroeër ‘n ander meisie ook aangerand. Hy staar aanklagte van verkragting en poging tot moord in die gesig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.