KZN-taxi-operateur doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Taxi-operateur is Donderdag in Isipingo naby Durban doodgeskiet, het die departement van gemeenskapsveiligheid in KwaZulu-Natal Vrydag gesê.

Mzovele Cele is omstreeks 08:00 doodgeskiet toe hy die daaglikse inkomste wou gaan afhaal, het die departement gesê.

“Die polisie het bekend gemaak dat 16 patroondoppies op die toneel aangetref is, wat ʼn aanduiding is dat die persone swaar gewapen was en dat hul daad vooraf beplan was,” het LUR Willies Mchunu in ʼn verklaring gesê.

Mchunu het gelas dat ʼn volledige ondersoek gedoen moet word en het gesê sy departement sal nou saam met die SA Nasionale Taxiraad in die provinsie werk om te bepaal of daar spanning in die bedryf was wat moontlik tot die misdaad gelei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.