KZN-tieners vas vir bedrog

Twee KwaZulu-Natal tieners is in hegtenis geneem nadat hulle glo probeer het om met vervalsde rapporte by die Mtwemtweni Hoërskool naby Amanzimtoti in te skryf, het die KwaZulu-Natalse provinsiale polisie gesê.

Die twee, onderskeidelik 15 en 16 jaar oud, is in hegtenis geneem nadat hulle glo probeer het om vir graad 9 in te skryf, het kapt. Thulani Zwane gesê. “Hulle het beweer dat hulle die rapporte van die Khayelihle Hoërskool, wat hulle glo vroeër in uMbumbulu bygewoon het, ontvang het. Owerhede by die Khayelihle Hoërskool het ontken dat die rapporte deur hulle uitgereik is.” Beide tieners sal Donderdag in die landdroshof in Nsimbini verskyn op aanklag van bedrog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.