Lasarus-pil ruk glo man uit koma, help sieke soos Joost

Dit gons behoorlik oor die sogenaamde Lasarus-pil nadat daar berig is dat ʼn man na sewe jaar uit ʼn koma ontwaak het en dat die pil ook die gesondheidstoestand van ʼn man met motorneuronsiekte (MNS), dieselfde dodelike siekte waaraan Joost van der Westhuizen ly, wonderbaarlik verbeter het.

City Press het die naweek berig dat Ayanda Nqinana, ’n werknemer van die Peddie-munisipaliteit in die Oos-Kaap, uit ’n koma ontwaak het nadat hulle hom met die sogenaamde Lasarus-pil, oftewel die slaappil Stilnox, begin behandel het. Nqinana was in ʼn koma nadat hy in 2005 in ʼn motorongeluk betrokke was. Beeld berig vandag dat Mossie Mostert, wat sowat 18 maande gelede met MNS gediagnoseer is, se toestand wonderbaarlik verbeter het nadat hy die afgelope drie maande met Stilnox behandel is. Mostert se dokter, dr. Wally Nel, het 13 jaar gelede die uitwerking van Stilnox op ’n pasiënt in ’n koma, Louis Viljoen, ontdek. Nel was ook weens ʼn motorongeluk in ʼn koma maar het ook na behandeling met Stilnox ontwaak. Nel sê daar is sowat 15 gevalle wêreldwyd waar die pil mense uit ʼn koma geruk het.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.