Laaste Everest-spanlid sterf

George Lowe (derde van links) saam met Edmund Hillary (tweede van regs) en ander lede van die Everest-ekspedisie in Engeland, 1953. Foto: AP

Die laaste lid van die ekspedisie wat Everest die eerste keer kon tem, George Lowe, is oorlede.

Lowe sterf op 20 Maart, ná ‘n lang siekbed, in die ouderdom van 89 in Derbyshire, Engeland.

Lowe was minder bekend as Edmund Hillary en Tenzing Norgay, omdat hy self in 1953 die basiskamp 300 meter van die top moes beman. Lowe en Hillary was goed bevriend en het mekaar op ‘n bergklimuitstappie in die Nieu-Seelandse suidelike alpe ontmoet. Ná hulle Everest getem het, het die twee ook in 1958 deel uitgemaak van die ekspedisie wat in die geskiedenis opgeteken staan as die eerste wat die Antarktiese kontinent kon oorsteek.

Hy het ook ekspedisies na Groenland, Griekeland en Ethiopië onderneem voordat hy hom in Engeland as ‘n skoolinspekteur gevestig het. Hy het in 1984 afgetree.

Lowe het onlangs sy memoires voltooi en dit sal, met foto’s van die Everest-ekspedisie, in Mei 2013 verskyn. Hy het onder meer die Order of the Brittish Empire (OBE) ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.