Laaste groep tronkvoëls vandag vrygelaat

Die departement van korrektiewe dienste gaan Vrydag die laaste groep gevangenes vrylaat wat baat vind by president Jacob Zuma se tronkstraf-kwytskelding wat hy op Vryheidsdag gemaak het. Die groep sal by die Pretoriase Sentraal-gevangenis vrygelaat word.

Zuma het in sy Vryheidsdag-toespraak op 27 April die land meegedeel dat sowat 35 000 gevangenes se tronkstraf verminder sal word. Dít sluit veroordeelde gevangenes in, asook dié op parool en onder korrektiewe toesig. Die kwytskelding, wat op 14 Mei begin het, raak sowat 20 000 mense wat op parool en onder korrektiewe toesig is en meer as 14 000 ander gevangenes. Zuma het toe verduidelik dat die proses gedoen word om oorbevolking in tronke te verminder. Veroordeelde moordenaars, verkragters en dwelmhandelaars het nie vir die spesiale vergunning kwalifiseer nie.

Sewe-en-veertig van dié gevangenes is egter reeds terug agter tralies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.