Laaste lid van Sound of Music-gesin sterf

Maria von Trapp Foto: EVY Images, New York Daily News

Maria von Trapp Foto: EVY Images, New York Daily News

‘n Greep uit die rolprent volg onderaan die berig. Die laaste oorblywende lid van die bekende Trapp Family Singers wie se verhaal die rolprent The Sound of Music inspireer het, het vandeesweek by haar huis in Vermont in Amerika gesterf.

Maria von Trapp se halfbroer, Johannes, het gesê sy het Dinsdag in die ouderdom van 99 gesterf. “Sy was ʼn lieflike vrou en een van die min mense wat werklik goed was,” het Johannes gesê. Maria is die laaste van die oorspronklike sewe kinders wat uit Georg von Trapp en sy eerste vrou, Agathe Whitehead, se huwelik gebore is.

Die gesin het regdeur Europa bekendheid verwerf vir hul sang en het in 1938 uit Oostenryk gevlug. Hul storie word in die rolprent en Broadway-musiekblyspel, The Sound of Music, vertel.

Maria was die tweede oudste dogter en sy word deur Heather Menzies as Louisa in die rolprent vertolk.

Hulle het in 1942 na Vermont verhuis nadat hulle in Stowe vakansie gehou het. Die familie het ʼn gastehuis hier oopgemaak en dit word steeds deur die familie bedryf. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.