Laat hof beslis oor Zuma-skildery, sê AfriForum

AfriForum het in reaksie op die debakel rondom die omstrede skildery van president Jacob Zuma, The Spear, gesê Suid-Afrikaners moet die howe ’n kans gun om ’n gesonde balans tussen belangrike regte soos menswaardigheid en vryheid van uitdrukking te help vind.

Die hofsaak word Donderdag deur ʼn volbank regters aangehoor en gaan regstreeks op televisie uitgesaai word.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, beskou sy organisasie die Zuma-skildery as kru en in swak smaak. “Dit is nietemin jammer dat dié saak binne die konteks van die ANC se selektiewe moraliteit rakende menswaardigheid afspeel. Die ANC berei byvoorbeeld tans voor om in die appèlhof te veg vir die reg om haatspraak te pleeg en Afrikaners se menswaardigheid aan te tas deur ‘skiet die Boer … hulle is verkragters’ te sing, maar neem aanstoot as een van hulle leiers se waardigheid aangetas word,” het Kriel gesê.

Kriel het daarop gewys dat van die kunstenaar Brett Murray se ander werke die morele verval en korrupsie in die ANC baie doeltreffend uitbeeld en dat dit jammer is dat hy die oordrag van dié boodskap self deur die skepping van ’n vernederende skildery gekniehalter het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.