Lady Gaga, die omstrede en eksentrieke sangeres, gaan later vanjaar haar Suid-Afrikaanse aanhangers met konserte hier kom vermaak.
5FM, in samewerking met Big Concerts en M-Net, het Maandag aangekondig hulle bring dié sangeres met die aanbreek van die feesseisoen na Suid-Afrika.
Lady Gaga is op 30 November by Soccer City in Johannesburg te sien. Op 3 Desember is dit die Kapenaars se beurt in die Groenpunt-stadion.
The Darkness en Lady Starlight sal die voorvertonings behartig.
Kaartjies sal Dinsdagoggend vanaf 09:00 by Computicket beskikbaar wees. Sitplek-kaartjies begin by R315 en staan-kaartjies is vanaf R715 beskikbaar.
http://www.gopetition.com/petitions/stop-lady-gaga-from-coming-to-south-africa.html