Ladybrand-boer agter tralies ná hy seun skiet

handcuffs3-320x257ʼn 53-jarige man van Lesotho wat in Suid-Afrika boer is Woensdag in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 15-jarige seun op sy plaas naby Ladybrand in die Vrystaat geskiet en gewond het.

Sers. Martin Xuma, ʼn polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê die seun en sy vriende het glo op die boer se plaas gejag. “Vyf seuns, tussen die ouderdom van 13 en 15 jaar oud, het omstreeks 14:30 op die buitewykplase van die Ladybrand-distrik met honde en stokke gaan jag,” het Xuma gesê.

Xuma het gesê die boer het die kinders op sy plaas gesien en glo op hulle geskree om sy perseel te verlaat, waarna hulle weggehardloop het.

“Hy het na bewering die kinders agternagesit om hulle weg te jaag en in die proses het hy glo drie skote in die rigting van die kinders gevuur. Een van die skote het die seun in sy rug getref.”

Die polisie is na die toneel ontbied en die gewonde seun is na ʼn hospitaal geneem waar hy tans behandeling ontvang. “Die ander vier seuns het teruggehardloop na Lesotho.”

Die boer is dadelik in hegtenis geneem en word aangekla van poging tot moord. Hy moet binnekort in die Ladybrand-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Trudie ·

Kan mens so stupid wees om op kinders te skiet, veral in hierdie siek land van ons. Hy het groot probleme.

Gawie Botha ·

Dit gaan nou net erger en erger word,hierdie oorgrens misdade,omdat die “Witboer” nie sy eiendom mag beskerm,en die staat wat dit moet doen,nie instaat is om wetgewing toe te pas,,,dit is n indikasie vir die misdadighers om maar voort te gaan met misdaad!

Madelaine ·

Dis belaglik! Hulle het oortree en is gewaarsku. Wanneer het pvt eiendom verander na publieke eiendom toe? Hoe moet ons onsself beskerm teen diewe, moordenaars en verkragters, want jy mag eers jouself of jou eiendom beskerm nadat jy aangeval word? Nee wat, as hy oor of deur my drade klim sal hy beslis n probleem optel. Die uitlating dat hulle honger is en kos soek is onaanvaarbaar! N mens se huis is nie n publieke kombuis nie. Daar is genoeg instansies om honger mense te voed in die land, hyt nie nodig om 5 of meer km uit die dorp te loop om dit by jou te kom soek nie, en n “seun van 15 is deesdae die groep wat al die wreedheid saam met hulle bring met al die aanvalle. Dis nie die ouer geslag mense wat die moorde pleeg nie. Wat moes die boer nou doen, wag om te kyk wat presies wat hulle intensies op SY plaas was? Hoekom word hulle nie aangekla vir oortreding en diefstal nie, en n moontlike aanrading of moord nie?

Madelaine ·

Nee dis belaglik! Die seuns moet aangekla word van oortreding en diefstal met die moontlikheid om ernstig te beseer! Dis privaat eiendom en ons het die volste reg om ons eiendom en als daarop ten volle te beskerm, moet ons elke keer wag om te kyk wat die motief is? Nee magtig, dis n free for all deesdae. Hulle is mos gewaarsku, en moes in die eerste plek nie daar gewees het nie!

Jacoba ·

Die boer het net sy eiendom probeer beskerm ai tog nou is hy die skuldige

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.