Laer pryse vir rugbykaartjies

Loftus Versfeld

Die Blou Bulle Maatskappy het die prys van kaartjies vir die finale ronde van die viernasietoetsreeks verlaag, het Beeld Maandag berig.

Kaartjies vir die boonste deel van die oospawiljoen en sitplekke op die suidpawiljoen met ‘n beperkte uitsig is met R100 verlaag om ‘n groter skare na Loftus Versfeld te lok waar die Springbokke teen Samoa en Italië teen Skotland te staan kom.

‘n Teleurstellende 23 663 toeskouers het in Durban vir die eerste toets opgedaag, terwyl 30 018 toeskouers Saterdag die wedstryd bygewoon het in die Mbombela-stadion in Nelspruit, met sy 41 000 sitplekke.

Kaartjies is hier beskikbaar.
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.