Laerskoolkind ernstig by Bloemfonteinse skool beseer

ʼn 7-jarige seun is ernstig by sy laerskool in Bloemfontein beseer na ʼn groot sementpyp vandag op hom geval het. Hy het saam ʼn groep kinders gespeel toe die pyp, wat vir water dreinering gebruik word, op hom geval het.

Volgens Vanessa Jackson, ER24 se woordvoerder, is paramedici van Bloemfontein na die laerskool ontbied. “Die seun het erge kop- en borsbeserings opgedoen. Noodbehandeling moes op hom toegepas word. Hy is aan ʼn ventilator gekoppel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Die seun is tans in ʼn kritieke toestand in die Pelonimi-hospitaal.”

Geen ander kinders is in die voorval beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.