Laeveld lodge-bestuurder doodgeskiet

Die waarnemende bestuurder van die Umbhaba-lodge naby Hazyview in Mpumalanga, Dave Foxon, is gisteraand gedurende ʼn rooftog doodgeskiet.

ʼn Polisiewoordvoerder, kol. Leonard Hlathi, sê Foxon (43) en sy vrou, Bianca, is gisteraand omstreeks 20:00 deur twee rowers oorval. Die verdagtes het die egpaar glo vasgebind voor hulle die huis geplunder het. Foxon kon glo daarin slaag om homself los te maak voor hy een van die verdagtes gegryp het. Hy is twee keer in sy gesig en een keer in sy been geskiet. Hy is op die toneel dood. Die polisie soek na die verdagtes. Foxon word oorleef deur sy swanger vrou, Bianca, sowel as ʼn 2-jarige kind en ʼn vyf maande oue baba.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.