Die dodetal ná ‘n vliegtuig Sondag in ʼn digbevolkte gedeelte van Lagos, Nigerië, neergestort het, het tot sowat 200 gestyg.
Die vliegtuig het 153 mense aan boord gehad toe dit Sondagmiddag teen ʼn dubbelverdieping-gebou gebots het, ná dit glo ʼn kragdraad getref het. Almal op die vliegtuig en tientalle mense op die grond is in die ongeluk dood.
Die regering het gesê ʼn vlieënier van die Dana Air-lugredery het minute voor die ongeluk ‘n noodboodskap uitgestuur. Die vliegtuig het blykbaar enjinprobleme gehad.
Na wat verneem word verwag die regering dat die dodetal gaan styg soos wat die opruimingsproses voortduur.