Lamborghinis vir polisiebeamptes

Dubai, die stad met die hoogste wolkekrabbers, gaan nou sy polisiebeamptes met $400 000 Lamborghini-sportmotors toerus.

Volgens Lamborghini se webwerf, ‘n filiaal van die Volkswagen-groep, bereik dié Italiaanse motors 100km/h binne ses sekondes. “’n Vloot van Lamborginis, ter waarde van ongeveer $400 000 (R3,6 miljoen) elk, is deur die polisie in Dubai aangeskaf om by die hoof toeristeaantreklikhede gebruik te word,” het maj.gen. Khamis Mattar Al Mazeina, adjunkhoof van die polisie in Dubai, gesê. “Die doel is om die beeld van die emirate en die statuur wat hy bereik het, te weerspieël. Dit sal ook toerisme bevorder en die sekuriteitsrol, wat die polisie speel om die stad veilig te hou, uitbeeld.”

Die voertuie sal ontplooi word in die gebied naby die wêreld se hoogste gebou, die Burj Khalifa-toring, by Rashid Boulevard, en naby Jumeirah Beach Residence, een van die gewildste waterfrontontwikkelings in Dubai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.