Lance Armstrong keer terug as swemmer

Lance Armstrong

Lance Armstrong gaan as swemmer terugkeer na die wêreld van sport.

Dié atleet wat uit fietsry verban is nadat hy skuldig bevind is dat hy prestasieverbeteringsopkikkers gebruik het, sal komende naweek aan drie items by die Masters South Central Zone-swemkampioenskap by die Universiteit van Texas deelneem. Mark Higgins, woordvoerder van Armstrong, sê hy sal in die 40-44 ouderdomskategorie deelneem aan die 500, 1 000 en 1 650 meter-items deelneem.

Die US Masters-swemtoernooi word nie onder dieselfde dwelmreëls van die US Anti-Doping Agency (USADA) gedek wat Amstrong lewenslank van sy toernooie verban het nie. Rob Butcher, uitvoerende direkteur van Masters-swem, sê die organisasie doen nie dwelmtoetse nie en moedig alle volwassenes aan om te swem.

Armstrong het ná sy fietsry ‘n loopbaan in driekampe probeer voordat hy deur USADA verban is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.