Lance Armstrong moet al sy wengeld terugbetaal

Die Internasionale Fietsryvereniging (UCI) het vir Lance Armstrong opdrag gegee  om al die prysgeld wat hy tydens Tour de France-oorwinnings gekry het, terug te betaal.

Die UCI het Maandag aangekondig dat die fietsrylegende Lance Armstrong amptelik van sy sewe Tour de France-titels onteem is omdat Armstrong prestasieverbeteringsopkikkers gebruik het.

Dit volg nadat Amerika se Agentskap teen Dwelmmisbruik (USADA) Armstrong onlangs daarvan beskuldig het dat hy tussen 1999 en 2005 verbode middels gebruik het om die Tour de France te wen. Armstrong hou vol hy is onskuldig en het die USADA van ʼn heksejag teen hom beskuldig. Volgens Armstrong het hy in sy loopbaan as fietsryer talle toetse vir verbode middels geslaag. Armstrong sê egter hy is uitgeput weens die uitgerekte stryd om sy onskuld te bewys en het besluit om die stryd teen USADA te laat vaar.

Die Daily Mail het Vrydag berig die besluit om die wengeld van Armstrong te verhaal, is tydens ʼn spesiale vergadering van die UCI se komitee gemaak. Dit gaan nie aan iemand anders toegeken word nie.

Hy moet wengeld van nagenoeg $3.9 miljoen asook regskostes opdok. Tog, berig die New York Times, sal dit hom nie veel armer maak nie, aangesien hy oor die jare nagenoeg $125 miljoen van borge, waaronder Nike, gekry het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.