Phakamani Hadebe het as uitvoerende hoof van die Landbank uitgetree, het die bank Donderdag in ʼn verklaring gesê.
Hadebe se ampstermyn het Dinsdag tot ʼn einde gekom. Lindiwe Mdlalose, die bank se hoof risikobeampte, gaan in sy amp waarneem totdat ʼn nuwe uitvoerende hoof aangestel is.
Die bank se direksie, in oorleg met Pravin Gordhan, minister van finansies, is besig om die aanstelling van ‘n nuwe uitvoerende hoof te finaliseer. Hierdie proses sal na verwagting binnekort afgehandel wees.
Hadebe is in 2008 van die Nasionale Tesourie na die Landbank oorgeplaas en is gevolglik aangestel as uitvoerende hoof van die bank.
Mdlalose, wat ‘n lid van Hadebe se kernspan was, het ondervinding in finansiële dienste en het 17 jaar se ondervinding in kredietrisikobestuur.