Landbou departement verdedig minister se R1,6 miljoen hotelrekeninge

Die minister van landbou, Tina Joematt-Petterson. Foto: GCIS

Die departement van landbou sê kritiek rakende luukse hotelverblyf vir minister Tina Joematt-Petterson, is “goedkoop politiekery”.

Die departement sê in ʼn verklaring Joematt-Petterson is in Mei 2009 aangestel en het vir meer as ʼn jaar nie amptelike blyplek gehad nie. Joematt-Petterson het in die parlement bekendgemaak dat sy sedert haar aanstelling R1 584 817,86 spandeer het op hotelverblyf in die uitvoer van haar pligte. Die DA het skerp hierop reageer. DA-LP, Lourie Bosman, sê in ʼn verklaring die minister het in vyf ster hotelle gewoon en ook verskeie kere by twee verskillende hotelle bespreek en betaal terwyl sy net by een van die hotelle gewoon het. “Joematt-Petterson sê hotelrekeninge kan nie regverdig word in ʼn land waar miljoene mense in armoede leef en nie toegang het tot behoorlike behuising nie”. Daar is onder meer onthul dat Joematt-Petterson vir langer as ʼn maand by die Vineyard-hotel in Kaapstad gebly het gedurende Junie en Julie 2009 vir meer as R134 000. Joematt-Petterson het ook vir vyf weke by die Peermont D’Oreal Grande Emperor’s Palace in Johannesburg gebly teen ʼn koste van R289 532. Die minister se verblyf by die Pure Toys One CC in Johannesburg gedurende Junie en Julie verlede jaar het meer as R420 000 gekos. Die departement sê Joematt-Petterson se amptelike woning het in die tyd opknappingswerk ondergaan en dat sy in hotelle moes bly om haar pligte na te kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.