Landbou-minister verdedig omstrede aanmerkings

Tina Joemat-Pettersson

Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye, wou Maandag nie verskoning vra vir die omstrede opmerkings wat sy oor stakende Wes-Kaapse plaasarbeiders gemaak het nie.

Joemat-Pettersson het skriftelik reageer op die parlementêre vraag wat aan haar gestel is en gesê die beroep wat sy gedoen het dat alle klagtes teen stakende werkers laat vaar moet word, is geregverdig. “Elke kriminele saak of aanklag wat teen ‘n plaasarbeider aanhangig gemaak is, moet teruggetrek word,” het sy gesê toe sy verlede maand duisende werkers in De Doorns toegespreek het.

Verskeie werkers is tydens die gewelddadige staking in hegtenis geneem.

Debbie Schafer, LP vir die Demokratiese Alliansie (DA), het Joemat-Pettersson gevra op watter gronde sy dit baseer dat plaaswerkers nie in hegtenis geneem moet word of vervolg moet word vir kriminele oortredings nie. Sy het Maandag reageer dat protesaksie in sommige gevalle gedrag kan insluit wat as “wetteloos” beskou kan word. “Dit maak sulke gedrag egter nie onwettig nie. Ek sal nie wil sien dat plaasarbeiders geviktimiseer of vir sulke gedrag in hegtenis geneem moet word nie, selfs wanneer dit wetteloos kan voorkom, en my aanmerkings is in dié lig gestel,” het Joemat-Pettersson gesê.

Sy het toe ‘n onderskeid getref tussen die begrippe “wetteloos” en “onwettig”, wat sinonieme is. “Waar ‘n aksie onwettig is, en die oortreders uitgeken kan word, moet die nodige stappe deur die polisie gedoen word. Wettelose gedrag is nie ‘n kriminele oortreding nie, alhoewel sekere aksies wel kan wees,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Anna-Marie ·

Dan moet alle sake teen die boere ook terug getrek word, wat goed is vir die 1 is net so goed vir die ander, en almal wat die boere gaan help het ook, sake moet ook teen hulle terug getrek word, dit is juis hulle die anc wat die hele storie begin het, en as ek die boere is vat ek die hele spul hof toe, want wie gaan betaal vir die regmaak en herbou van plase en stalle wat afgebrand is,, VIVA ONS BOERE EK STAAN AGTER JULLE..

Henning ·

Hierdie vrou is heeltemal uit haar diepte.

Sy behoort ‘n konsultant vir Capitec of iets soortgelyk te wees.

Paul Joubert ·

Capitec het vir PSG, ek dink nie hulle het TJP nodig nie.

Jennifer chatburn ·

As mens speel met woorde as dit by ernstige sake kom, kan mens met baie dinge wegkom. Grys areas kan baie misleiding veroorsaak.

kalie ·

Wat is die verskil tussen onwettig en wetteloos? As jy die wet oortree, oortree jy die wet … finish en klaar!

Danie ·

Nog ‘n Regerings “Grappie” Wanneer gaan ons tog bevoegde Minister vir die regte poste kry.
As sy Wakker word is haar koffie koud.

Theo Marx ·

Another AA appointment with no understanding of how a democracy works. Really, the ANC needs to get educated , intelligent people if they want to move forward as a believable political party. The braindead will not get them out of their current mess.

dave ·

Geen wonder die vrou kry nie haar werk gedoen nie, haar begrip is skokkend…

Gemsbok ·

Dit is duidelik dat die minister se simpatie by die betogers lê en nie by kommersiële landbou nie. In hierdie lig is die stelling duidelik nie verrassend nie, want dit is immers politici se taak om hul agendas moreel aanvaarbaar te laat voorkom vir die publiek.

Dit vraag wat ‘n diepte-ondersoek verg, is waarom die Minister se simpatie by die betogers lê en op watter wyse kommersiële landbou daarop moet reageer om die situasie te ontlont (op die kort termyn) en stabiliseer (op die lang termyn), veral indien dit daarop sou blyk dat die ANC-regering ‘n aktivistiese rol in die konflik neem.

In hierdie opsig sal dit waarskynlik van kommersiële landbou nodig wees om hulle gevestigde sakebelange terug te laat staan om plek te maak vir die gemeenskapsbelang, wat duidelik die transformasie van die landbousektor om die demografie van die streek te verteenwoordig, vereis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.