Landdros geskors oor omkoopgeld

2013_10$thumbimg131_Oct_2013_102847204ʼn Landdros van Randburg wat tereg staan op aanklagte van korrupsie is voorlopig geskors.

Lluwellyn Landers, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor justisie, sê landdros MJ Kgomo word daarvan beskuldig dat hy omkoopgeld van R150 000 aanvaar het om die uitkoms van ʼn appèlsaak teen uitlewering te beïnvloed. “In die saak waarna verwys word, staan die beskuldigde tereg op aanklagte van korrupsie in ʼn ander land ter bedrae van R20 miljoen.” Landers sê die bedrag van R150 000 is in Kgomo se teenwoordigheid in sy aktetas gevind. Die Landdrostekommissie het Kgomo intussen voorlopig geskors hangende die uitkoms van ʼn ondersoek teen hom. “Die aanklag en bestaande bewyse teen Kgomo is van so ʼn ernstige aard dat dit sy verwydering uit die amp sal regverdig indien hy skuldig bevind word aan die aanklagte van wangedrag teen hom.” Kgomo sal steeds sy salaris ontvang hangende die uitkoms van die ondersoek teen hom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

alet ·

Wat ek nie kan verstaan waarom word hulle betaal as hulle geskors word laat hulle ook vir n paar maande saffer sodat hulle kan voel hoe dit is om sonder n inkomste te sit kom ook weg met alles korrup aitog

Babs ·

Om hulle te skors beteken niks. Hulle kry nog ‘n volle salaris en een van die dae is hy terug in ‘n pos waar hy nog meer korrup kan wees. Dit is mos hoe dinge in die nuwe SA werk.

Linda ·

Dis totaal en al onaanvaarbaar. Hy behoort dadelik geskors te word. Vir die tydperk wat hy nie werk nie (hopelik ook nooit weer as landdros nie), moet hy ook geen salaris ontvang nie.

Deon ·

Die rede hoekom hy nog steeds betaal word al is hy voorlopig geskors, is omdat sy skuld nog nie bewys is nie. Ek weet hoe julle voel, ek voel ook so want ons weet hy is skuldig, maar dink nou net, iets gebeur by jou werk, jy is onskuldig en word geskors en nou kry jy geen betaling nie. Dis onregverdig. En dis hoekom hulle nog steeds betaling ontvang, die skorsing is nog nie finaal nie. Die probleem is eintlik dat hulle soms jare lank geskors by die huis sit voordat hulle uiteindelik skuldig bevind word…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.