Landdros vang baba by hof

Argieffoto

Pearl Andrews, ʼn landdros van Kaapstad, het Maandag, buiten haar gewone take, ook gehelp om ʼn babatjie in die wêreld te bring.

Die Cape Times berig Andrews was op pad na die aanklaer se kantoor in die Wynberg-hof toe ʼn vertaler haar laat weet het ʼn vrou is besig om te kraam.

Sy het rubberhandskoene gegryp en is saam met veiligheidswagte na ʼn badkamer in die hof waar sy Koliswa Thwala gehelp het om geboorte te skenk.

Thwala en haar baba seuntjie is daarna na die Retreat-kraamhospitaal geneem.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.