Landswye beurtkrag weer ‘n moontlikheid, sê Eskom

Eskom het aangetoon dat daar ʼn groot kans is dat kragonderbrekings in die land kan voorkom, het EWN Dinsdag berig.

Michael Bagraim, president van die Kaapse Kamer vir Handelwese het gesê dat beamptes van die kragmaatskappy Maandag met hulle in verbinding getree het. Volgens Bagraim het Eskom gesê dat hulle binne die volgende paar weke beurtkrag kan verwag. Hillary Joffe, woordvoerder vir Eskom het bevestig dat die situasie nie rooskleurig lyk nie. “Ons maak tans van noodreserwes gebruik. Noodreserwes word gebruik wanneer iets skeefloop wanneer ons van beurtkrag gebruik maak, maar ons gebruik dit nou al reeds. Dit beteken dat die spitstye in die aande veral ʼn uitdaging gaan wees. Die moontlikheid vir beurtkrag bestaan, maar dit beteken nie dat ons dit wel gaan toepas nie,” het Joffe gesê. Volgens Joffe is Januarie veral ʼn moeilike maand. “In die verlede was dit baie moeilik om aanvraag en aanbod te balanseer. Ons doen ons bes om nie beurtkrag in te stel nie, maar ons maan alle Suid-Afrikaners om hul elektrisiteitsverbruik so ver as moontlik te beperk,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.