Lang vonnis vir bejaarde se verkragter, moordenaar

Argieffoto.

ʼn Man wat skuldig bevind is aan die verkragting, marteling en moord op die bejaarde  by haar huis in die Oos-Kaap in 2012, is twee keer lewenslange tronkstraf opgelê, het die DiAnne Roebertspatch Online Dinsdag berig.

Siyabonga Ntshabalala (26), en sy mede-beskuldigde Zukisani Tulani, het verlede jaar in Roebert (75) se huis in Kei Mouth ingebreek. Toe hulle nie Roebert se kluissleutels kon opspoor nie, het hulle besluit om haar al om die beurt te verkrag om haar “te forseer om die waarheid te praat”, het Ntshabalala in sy pleidooiverklaring gesê. Ná dit is sy met ʼn strykyster gebrand en met die koord verwurg.

Regter Nomathamsanga Beshe het Maandag in die Grahamstad-hooggeregshof gesê Ntshabalala se wrede misdade kom neer op algehele minagting van die reg van iemand se lewe, menswaardigheid, privaatheid en veiligheid. “Watter teenkanting kan ʼn 75-jarige ou vrou bied teen twee jong mans in hul twintigs?” het die regter gevra.

Sy het Ntshabalala tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir moord en verkragting. Hy is ʼn verdere 10 jaar gevonnis vir huisbraak met die doel om te roof, te verkrag en te moor, en 18 jaar vir roof met verswarende omstandighede. Tulani het onskuldig gepleit. Sy verhoor begin vandag [Dinsdag].

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Willy ·

Lekker die gemors. Ek hoop hulle vrek gou siende dat die doodstraf afgeskaf is.

Flash ·

Hierdie moordenaars is ‘n klad op elke swart mens se naam! Want ons begin elke swarte te sien as moordenaar woestaard en onmens. Kan iemand ons blameer? Veral in die lig dat geen swarte leier hom teen hierdie boosaards uitspreek nie! Nee hulle moedig dit aan met hulle ‘moor die boer’ slagspreuke.
Daarbenewens is hulle besig om goed in hulle meester die Satan se werk te slaag om kinders van die Here se siele te roof. Ek is een wat skielik in my hart geen deernis of vergifnis vir hulle afstootlike dade kan vind nie, inteendeel, ek voel my hande om die vloek se keel om met genot elke greintjie lewe uit hom te wurg…
Here, vergewe my!

Peter Vonk ·

Flash,ons mag volgens die Woord nie haat koester nie,maar ek deel jou sentiment,ek kan nie meer vergewe of vergeet nie,ek haat met passie,Here,vergewe my ook.

Melissa ·

So iemand moet gehang word!! Hy kan homself nie ‘n mens noem nie, hy is ‘n monster!

maggie ·

Dis tyd dat reg geskied teen hierdie misdadigers. Hoop net hy sal ALTYD daar sit en nie op goeie gedrag vrygelaat word nie. Jy het nie regtig ‘n verkeerde voet wat jy kan neersit in die gevangenis nie. Dis oor en oor bewys daai ouens weer misdaad pleeg as hul vrygelaat word, want hul het een keer daarmee gekom hoekom nie weer nie. .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.