Die langste Duitse woord, Rindfleischetikettierungsüberwachungs-aufgabenübertragungsgesetz, gaan dalk verdwyn na die Duitse deelstaat, Mecklenburg-Vorpommeren besluit het om die woord weens onbruik uit sy wetboek te verwyder.
Die woord beteken “die wet op die delegasie van en toesighouding oor beesvleisetikettering”. Hoewel dié woord al jare lank as die langste Duitse woord bekend staan, is dit nie as sodanig in die Dudenwoordeboek nie, omdat die woord nie gebruik word nie. Die langste woord in die woordeboek is Kraftfahrzeug-Haftpflichtversicherung, wat aanspreeklikheidsversekering vir motorvoertuie beteken.