Boas Jacob Kgatlhane (32) het Donderdag vir die eerste keer in die Brits-landdroshof verskyn in verband met onder andere tien aanklagte van verkragting.
Sers. Kealeboga Molale, ʼn polisiewoordvoerder, het Vrydag aan Maroela Media gesê Kgatlhane is uiteindelik Dinsdag in Mpumalanga in hegtenis geneem sedert hy in 2009 met sy beweerde kriminele misdrywe begin het. “Kgatlhane word aangekla van tien sake van verkragting, een van ʼn poging om te verkrag, vyf van roof, en een van huisbraak. Hy word glo verbind met al dié misdrywe wat tussen 2009 en 2012 in Letlhabile, Brits, gepleeg is. Sy slagoffers is tussen 15 en 30 jaar oud. Van hulle is verkrag en van waardevolle besittings beroof terwyl hulle op pad was skool toe,” het Molale gesê.
Na ʼn intensiewe ondersoek deur die Brits-polisie is Kgatlhane uiteindelik Dinsdag in Mpumalanga in hegtenis geneem.
“Die polisie ondersoek of hy met nog misdrywe verbind kan word in die tydperk wat hy bedrywig was.”
Kgatlhane se saak is tot 17 September uitgestel vir verdere ondersoek. Hy bly in die polisie se aanhouding tot dan.
Hoe meer verkragters, moordenaars en misdadigers aangekeer word hoe meer verskyn daar in die samelewing. ‘n Oorvloed wat onskuldiges teister. Dankie en baie geluk aan die Brits polisie en almal wat betrokke was wat hierdie stuk skuim aangekeer het.
Goeie werk Saps Brits,maar daar skuil nog n magdom van die barbare daar buite…