Lanseria-vliegongeluk: Name bekend

Prinsloo en Claassen. Foto: Facebook

Die twee mense wat in Donderdag se vliegtuigongeluk naby Lanseria-lughawe dood is, se name is bekend.

Beeld het die slagoffers Saterdag geïdentifiseer as Odette Prinsloo (24), ʼn vlieginstrukteur, en Jaun Claassen (19), ʼn leerlingvlieënier. Die twee het glo ʼn opleidingsvlug gedoen toe die vliegtuig Donderdag neergestort het. Claassen van Hartbeespoort was glo mal oor vlieg en het glo deeltyds by ʼn gimnasium gewerk om sy vliegopleiding te finansier, berig Beeld. Claudette Vianello, woordvoerder van die lughawe, sê volgens ooggetuies het die vliegtuig glo opgestyg by die lughawe en toe gelyk asof dit wou terugkeer toe dit neergestort het. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.