Lasbrief uitgereik vir Mandela-kleinseun

ʼn Lasbrief vir die inhegtenisname van Mandla Mandela, kleinseun van oudpresident Nelson Mandela, is Maandag uitgereik.

City Press berig dat die lasbrief vir Mandela, ANC-LP en hoofman, se inhegtenisname uitgereik is nadat hy nie in die hof verskyn het nie. Mandela se eerste vrou, Tando Mabuna-Mandela, het ʼn saak teen hom gemaak nadat hy glo nie R12 500 se onderhoud aan haar betaal het nie. Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag het Mandela nie drie maandelikse betalings aan sy vervreemde vrou betaal nie. Mandela en sy vrou is tans in ʼn egskeidingsproses gewikkel. Die hooggeregshof in Mthatha het vroeër gelas dat Mandela onderhoud aan sy vrou moet betaal hange die finalisering van die egskeiding. Mabunu-Mandela het intussen ook daarin geslaan om haar man te keer om met nog vroue te trou nadat sy daarin kon slaag om een van sy huwelike nietig te verklaar en ʼn interdik te kry teen die ander een om voort te gaan. Die staat het Maandag die hof versoek om die R12 500 van Mandela se salaris af te trek en ʼn lasbrief vir sy inhegtenisname uit te reik. Die saak is tot 20 September uitgestel. Mandela was die naweek in China waar hy ʼn beoordelaar was by die Mej Wêreld-kompetisie.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.