“Lê klagtes teen Nkandla-korruptes” – Mantashe

Pres. Jacob Zuma se privaat Nkandla-woning

Pres. Jacob Zuma se privaat Nkandla-woning

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het gesê dat diegene wat deur korrupsie gebaat het by die sekuriteitsopgraderings by president Jacob Zuma se Nkandla-woning, krimineel vervolg moet word.

“Diegene wat glo hulle is onskuldig omdat hulle in opdrag van sekere politieke hoofde opgetree het, het die verantwoordelikheid om bekend te maak wie dié hoofde is,” het Mantashe Donderdag aan die media ná ‘n konferensie van die party se nasionale uitvoerende komitee in Mpumalanga gesê.

Leiers van die ANC is in Mpumalanga voor die party se 102de herdenkingsvieringe wat Saterdag in Nelspruit plaasvind.

Mantashe het gesê die komitee het die sekuriteitsgroepering se verslag oor Nkandla aanvaar, maar was bekommerd oor die bedrag wat aan die sekuriteitsopgraderings bestee is.

Hy het gesê die komitee is “gretig” om die openbare beskermer Thuli Madonsela se verslag oor die saak onder oë te kry.

Volgens Mandonsela behoort die verslag vandeesmaand vrygestel te word. Mantashe het gesê as Mandonsela langer sloer om dit vry te stel, dit polities gemotiveerd kan wees.

Lees meer hier.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eben ·

Oooo maggies ou Gwede wat van zumie? Geld dit hom ook? Moenie vir ons vertel hy het nie geweet wat aangaan. Hy het mos zumaville gereeld besoek om te kyk hoe vorder die manne en sy insette gegee … of is ons verkeerd Gwede?

Sarie van Niekerk ·

Zuma sal dan sekerlik die eerste persoon wees ten wie daar klagtes gele word

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.