‘n Sewejarige meisie is na bewering deur ʼn seun verkrag by ʼn skool in Mitchells Plein in die Wes-Kaap.
Die departement van onderwys in die Wes-Kaap se woordvoerder, Bronagh Casey, sê die prioriteit is om te verseker dat die meisie die nodige ondersteuning en berading ontvang. “Die departement het ook seker gemaak dat die vermeende oortreder die nodige berading kry.” Casey sê die verkragting het na bewering Vrydagoggend op die skoolgronde plaasgevind. Sy sê die skool ondersoek die saak en werk saam met die polisie. Casey sê die skool se beheerliggaam sal besluit op ʼn gepaste weg vorentoe na afloop van die ondersoek.