Leerling beseer ná hy van bus val

ʼn 9-jarige seun is beseer nadat hy Vrydag van ʼn bewegende bus in Bloemfontein geval  het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê die ongeluk het in Oranjesig plaasgevind. “Die kind het op die agterkant van die bus geklim en op die buffer gestaan. Die bus was besig om te ry toe die kind gegly en in die pad geval het,” het Botha gesê.

Die kind is op die toneel gestabiliseer en met ernstige beserings na die hospitaal geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.