Leerling dood ná bakleiery by skool

mes1-225x225ʼn Skolier is Maandag dood en twee beseer tydens ʼn bakleiery by ʼn skool in Dannhauser in KwaZulu-Natal, berig die SAUK.

Na wat berig word, het die bakleiery tydens pouse by die Hoërskool Isizimele plaasgevind. “Een leerling is met ʼn skerp voorwerp gesteek. Hy is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas waar hy aan sy beserings beswyk het,” het kapt. Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder, gesê. “Die ander twee leerlinge wat tydens die geveg beseer is, is na ʼn plaaslike kliniek geneem vir behandeling.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

ʼn Meisie is vroeër die maand tydens ʼn bakleiery by Hoërskool Overkruin in Pretoria beseer. Klik hier om meer te lees.

– SAPA

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

christa ·

Dis darem vreeslik, dan moet hulle eendag die land regeer, Nee wat sit in tronk en gooi die sleutels weg. Of gooi hulle vir die Haaie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.