Leerling geskiet ná hy ander afknou

Argieffoto

‘n Graad 11-leerling van die Oos-Rand het Dinsdag glo ‘n graad 10-leerling doodgeskiet wat hom glo afgeknou het.

“Die leerling van Phineas Xulu Sekondêre Skool in Vosloorus aan die Oos-Rand, het glo sy ma se vuurwapen skool toe gebring en die leerling doodgeskiet,” het Charles Phahlane, woordvoerder van die departement van onderwys in Gauteng gesê. Die leerling se ma is ‘n metropolisiebeampte en die seun het haar vuurwapen gebruik.

“Die graad 11-leerling is glo herhaaldelik deur die graad 10-leerling en twee ander seuns afgeknou. Na bewering het hulle Maandagmiddag sy pet en selfoon gevat,” het Phahlane bygevoeg. Die graad 11-leerling het hom glo geskiet toe hy en sy vriende hom Dinsdag weer in die klas konfronteer het.

Die departement het gereël dat psigo-maatskaplike beraders en verteenwoordigers van geloofsgebaseerde groepe na die skool toe kom.

Volgens Phahlane sal Barbara Creecy, LUR vir onderwys, en Faith Mazibuko, LUR vir veiligheid, vergader om kinders se toegang tot vuurwapens te beperk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Melody Pekema ·

Ek dink dit kon verhoed word as die onderwysers en medeleerlinge meer leierskap in die situasie getoon het. Seuns wat geviktimiseer word, word gewoonlik die ‘laughing stock’ van almal en ondeurdagte desperate optrede van die slagoffer is nie ongewoon as die situasie nie ontlont word nie. Ek dink die ‘boelie beleid’ is minder as niks werd as dit nie ernstig opgeneem word deur skole nie. Ek praat geensins wat gebeur het goed nie maar ek dink boelies Moët summier geskors word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.