Leerling in hof oor skoolmoord

Argieffoto

Argieffoto

‘n Leerling van Mpumalanga wat glo ʼn ander skolier met ʼn skerp voorwerp doodgesteek het, sal na verwagting Maandag in die Acornhoek-landdroshof verskyn.

Desmond Monani (22), ʼn Graad 10-leerling aan die Reti Sekondêre Skool in Zoeknog Village naby Casteel, is nie Vrydag gevra om te pleit toe hy vlugtig in die hof verskyn het nie, het ʼn Sapa-korrespondent berig.

Hy het homself Woensdag aan die polisie oorgegee nadat Archie Khumalo (17), ʼn graad 9-leerling, vermoor is.

Monani sal na verwagting Maandag aansoek doen om borgtog en ʼn regshulpprokureur sal na verwagting aangestel word om hom te verteenwoordig.

“Khumalo is in die bors gesteek toe hy tydens pouse ʼn maaltyd op die skoolgrond gekoop het,” het brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie in Mpumalanga, gesê.

Jasper Zwane, woordvoerder van die provinsiale departement van onderwys, het gesê leerlinge wat die voorval gesien het, ontvang berading. “Die departement het reeds ʼn ondersoek van stapel gestuur oor die omstandighede wat tot die tragiese voorval gelei het,” het Zwane gesê. “Ons het ook beamptes ontplooi om beradingsdienste te lewer aan die skoliere, onderwysers en die familie van die oorledene.” -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

petro ·

Lees ek reg? Hy is 22 en nog in Graad 10? Geen wonder!!!! Hoe hou jy skool vir leerlinge wat daardie ouderdom is? Daar is te veel vrae en te min antwoorde!

petra van vuuren ·

ek wou ook net se? 22??????????????? en hy is nogi eens in matriek nie??????????? Wat soek hy dan in die skool??????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.