‘n Graad 10-leerling is Donderdagmiddag deur ʼn graad 8-leerling met ʼn skêr gesteek buite Hoërskool Eric Louw in Musina.
“Die seun is deur die jonger seun in sy ribbes gesteek en is na die Trichardt Medikliniek gehaas,” het ʼn polisiewoordvoerder, lt. kol Ronel Otto, gesê. Die 13-jarige graad 8-leerling is na die polisiestasie geneem deur sy ouers. Otto sê hy is in die sorg van sy ouers vrygelaat. Otto sê die motief vir die aanval is nog nie bekend nie en die polisie ondersoek ʼn saak van aanranding.
Volgens die SA Skolewet moet ouers hulle kinders na ‘n skool stuur. As ouers versuim om dit te doen, moet die Dept. van Onderwys ondersoek instel en uitvind wat die redes is vir die versuim. Nadat die Dept. van Onderwys die probleme opgelos het wat veroorsaak dat die kinders nie skool toe kan gaan nie, kan hulle voortgaan om die ouers te vervolg. Hierdie berigte bevestig dat dit toenemend onveilig is om jou kind na ‘n skool te stuur, en dat tuisonderwys die enigste vorm van onderwys is wat jou kinders vrywaar van hierdie soort insidente.