Leerling na hof oor rastalokke

Argieffoto

ʼn Graad 8-leerling gaan Vrydag die Bloemfonteinse hooggeregshof nader om toegelaat te word om rastalokke skool toe te dra, omdat dit deel van haar geloof vorm.

Lerato Radebe (13), ʼn leerling aan die Leseding Tegniese Skool in Thabong in Welkom, het ʼn dringende hofbevel bekom nadat sy aan die begin van die jaar toegang geweier is omdat sy rastalokke het.

Die organisasie Equal Education (EE) ondersteun haar en sy word deur die Equal Education-regsentrum verteenwoordig.

Volgens EE diskrimineer die skool teen Radebe omdat sy ʼn Rastafariër is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

ansie hamman ·

geen dissipline, dis waarvoor daar skoolreels is, wat gaan sy doen die dag dat sy klaar is met skool?

De Wet Momberg ·

As sy die saak wen dan mag sy seker dagga by die skool ook rook want dit is ook deel van haar geloof ! Sy het die reg op gelyke onderwys ja ,maar by ‘n instelling waar sy onderneem om by die reels te bly !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.