Leerling by skool in nek gesteek vir sigarette

skroewedraaierʼn Graad 10-leerling van die Oos-Kaap is Dinsdag by sy skool met ʼn skroewedraaier in die nek gesteek, het die Disptatch Online Donderdag berig.

Die voorval het by Hoërskool Ebenezer Majobozi in Duncan Village plaasgevind. Sy aanvallers was van ʼn ander skool en het vir die veiligheidswag gejok om toegang tot die skool se perseel te bekom. ʼn Leerling het aan die Dispatch gesê vier seuns het met ʼn voertuig by die skool opgedaag en die slagoffer met die skroewedraaier gesteek omdat hy glo geweier het om vir hulle sigarette te gee.

“Die veiligheidswag het die oproerigheid gesien, die hekke van die skool toegemaak en die verdagtes vasgekeer,” het die leerling gesê.

Leerlinge van die skool was ontstoke en het die verdagtes se voertuig se wiele pap gesteek. Die vier verdagtes, tussen die ouderdom van 19 en 20, is daarna in hegtenis geneem.

Die slagoffer is by ʼn nabygeleë hospitaal behandel en later ontslaan.

Die verdagtes was glo by die skool om twee ander leerlinge aan te val, voor hulle in ʼn onderonsie met die slagoffer betrokke geraak het.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Trippie ·

BOOS-KAAP !

Waarvoor hulle mekaar nie alles sal steek nie ! Selfoon, R5.00, drank, dwelms, sigarette … never ending story !

Justi ·

More almal! Dat hulle mekaar nou al steek met skroewedraaiers vir sigarette! Wonder waar is leerlinge veilig?

Grace ·

More, ek het ook Dinsdag so ‘n voorval gehad met my kind, die ander kind het hom met ‘n baksteen geslaan, my kind het terug baklei, wat se die skool : omdat my kind baklei het het hy ook ‘n waarskuwing gekry. Volgende keer geskors, nou wat nou? Vra ek. Moet my kind maar terugstaan en erge beserings opdoen? Wat kan ek verder doen? As iemand my kan help sal ek dit wardeur. Van Pretoria

JAVR ·

Nee waarvoor terugstaan! Wag die mu@r in buite die skool en leer hom ‘n les met sy eie verdomde baksteen!!! Hulle moenie een van my mense so aanrand nie want dan kry die skoolhoof ook ‘n baksteen in sy h.l!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.