Leerling wat urine moet drink: MRK monitor voorval

Argieffoto.

Argieffoto.

Die Menseregtekommissie (MRK) monitor ʼn beweerde skoolboelie-saak nadat ʼn 16-jarige leerling van Hoërskool Transvalia in Vanderbijlpark glo ʼn “k****r” genoem is en gedwing is om sy eie urine te drink. Die seun is glo so erg deur die voorval getraumatiseer dat hy wou selfmoord pleeg. Hy het intussen ook van skool verander.

“Die MRK gaan die hantering van die saak fyn dophou,” het Isaac Mangena, ‘n woordvoerder van die MRK, Vrydag gesê.

Die MRK het die Gautengse departement van onderwys gevra om dringend in te tree en die partye te help met hul ondersoek. Die kommissie wag vir die departement se verslag voor hulle hul eie ondersoek van stapel gaan stuur.

“Die departement het bevestig dat hulle ʼn onafhanklike taakspan aangestel het om die voorval te ondersoek. Voorlopige bewyse dui daarop dat dit ʼn ernstige skending van menseregte is.”

Lees ook:
Boelies dwing glo seun om urine te drink

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

H J Bester ·

Daar bestaan wel groot begrip vir frustrasie op baie vlakke en oor baie fronte heen wat grootliks die gevolg is van die swak hantering van rasseverskille en -aangeleenthede deur die Sentrale Owerheid maar sal mense groot geduld, wysheid en volwassenheid aan die dag moet lê om voorvalle, wat nadelige nagevolge kan hê, te verhoed.

Die ANC-regering moet verwag dat die frustrasie plek-plek kan oorkook en sal dus alle optredes en uitsprake met baie groot oordeelkundigheid en deurdagtheid moet oorweeg en uitvoer. Om byvoorbeeld die sing van die “Skiet die Boer”- liedjie te verdedig, was onbesonne.

Rasseverskille sal daar altyd wees en gegewe die samestelling van die bevolking van Suid-Afrika, sal grootmoedigheid deur almal aan die dag gelê moet word om saambestaan moontlik te maak. Hierin sal die regering van die dag te alle tye die primêre rol moet speel.

Ver Van Ryn ·

ek verdedig nou nie hierdie boelies nie, maar wat ek nie verstaan nie is hier gryp die MRK in as ‘n swart kind die K-woord genoem word deur n wit kind. So MRK, gaan julle inspring vir elke keer wat ek al umlungu genoem is? Ek dink nie so nie, want net wit kinders kan mos rassiste wees.

Marlene ·

Ja, as ‘n swart kind geboelie word gryp die MRK in, maar as ‘n wit kind, soos in De Aar geboelie word, word dit afgelag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.