Leerlinge beseer toe bakkie van brug af ry

'n Leerling is dood en 19 ander is beseer in 'n ongeluk op die N2-deurpad in die Oos-Kaap.

Een leerling is dood en 19 ander ernstig beseer na die bakkie waarin hul gereis het op die N2 tussen Mount Ayliff en Kokstad in die Oos-Kaap gerol het, het Arrive Alive Donderdag gesê.

“Na bewering het die bestuurder ʼn ander voertuig verbygesteek, beheer verloor en toe by ʼn brug af gery,” het Tshepo Machaea, woordvoerder gesê. Die ongeluk het Woensdag omstreeks 16:00 plaasgevind. Die beseerdes is na Mount Ayliff-hospitaal geneem. “Die bestuurder is in hegtenis geneem en word van moord en dronkbestuur aangekla. Ons het ʼn baie groot bottel whiskey by hom gekry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.