Leerlinge ondersteun langer skoolure

thumbs upDie meerderheid van skoliere is glo ten gunste van langer skoolure wat dalk van volgende jaar in werking gaan tree om ʼn derde taal aan te leer.

Pondering Panda het ʼn opname onder leerlinge gedoen en Vrydag bekend gemaak dat drie uit vyf leerlinge ten gunste van dié besluit is. “Die opname het bewys dat 59% voel dat dit ʼn goeie idee is en dat skoolure met ʼn uur verleng moet word vir leerlinge van graad 4 tot 12,” het Shirley Wakefield, ʼn woordvoerder van Pondering Panda, in ʼn verklaring gesê.

Die maatskappy het in Augustus telefoniese onderhoude met 2 906 jongmense tussen die ouderdom van 13 en 24 regoor die land gevoer.

Altesaam 33% het gevoel dat dit ʼn slegte idee is en 9% het nie ʼn mening oor die kwessie gehad nie.

Volgens Wakefield bewys die opname dat daar ʼn duidelike aanduiding is dat jongmense lus is om te leer. “Leerlinge het ook hul entoesiasme getoon om ʼn derde taal aan te leer, wat beteken dat hulle die departement van onderwys se voorstel ondersteun.”

Die opname het verder bewys dat swart en bruin leerlinge meer geïnteresseerd was om wetenskap en wiskunde te leer, as ʼn derde taal.

“As verlengde skoolure verpligtend word, gaan 56% veel eerder ekstra tyd aan wiskunde en wetenskap wil spandeer, as die 38% wat ʼn ander taal wil aanleer,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Henrietta Klaasing ·

Verlengde skoolure sal nie nodig wees nie, as hul wegdoen met die sogenaamde “bloktyd” met ELKE eksamen vir ALLE leerlinge. Ek is ‘n afgetrede onderwyseres en in die “ou dae” het NET die matrieks bloktyd gekry. Ons dorp is met bloktye vol skoliere ( selfs laer skool kinders) wat oral rondhang en rondlê – dit word NIE vir bloktyd gebruik NIE!

Willy ·

Dis weer die bevindings op ‘n minderheidsstem hier. 2 906 stemme verteenwoordig nie die werklike aantal leerlinge nie.
Ek is net bly ek is al baie jare uit die skool.

Trippie ·

Hmm, die naam “Pondering Panda” klink in elkgeval vir my bietjie “suspect” !

Nee gits, ek leer daagliks iets, al is dit ook net “leer uit my foute” … LoL

Waaksaam ·

TWAK !!! 3 weker terug moes baie van die skole aan die Oos Rand se kinders toesprake lewer oor hoekom skool ure moet langer wees … daar was nie ‘n opsie gegee om dit te redeneer nie … dit was die onderwerp en klaar …. ek’s seker hulle het daai bestes gevat en deur gegee vir die ewe Pondering Pandas !

NARDUS ·

As hul regtig langer skoolure wil gee , gebruik dit eerder om kinders te leer spel ,skryf en lees . dit is n helse groot probleem wat deur baie misgekyk word . Ek daag jul uit om ondersoek in te stel omtrend die probleem , dit is skokkend !! En as daar nog tyd oor is , gee ekstra klasse vir ouers sodat hul kan leer hoe om respek en dissipline oor te dra aan hul kinders .Ek dink ook die volgende wet wat vir skole ingebring moet word is dat selfone uit skole verban moet word . Ouers sal geskok wees om te sien met watter onheilighede hul heilige bloeitjies besig is .

Trippie ·

Geen probleem om nog ‘n taal aan te leer nie, maar ek stem 100% saam met jou repliek !

Vandag se kinders kan NIE SPEL NIE, en dis ‘N FEIT !

Wat die opvoeding aanbetref, netso !

BRING SOMMER LYFSTRAF TERUG OOK.

Seg Net ·

Ek kan ook nie spel nie. Van die begin van my skool jare tot nou nog kan ek om die dood nie spel nie. Ek het al vir myself in die bank gelag. Jare gelede, voor die bank kaarte, wil ek ‘n tjek van vyf duisend uitskryf, weet dan nie of die vyf met ‘n v of f geskryf word nie trek dan maar ses duisend. Skandelik maar realiteit.
Hierdie derde taal gaan ‘n vroeë dood sterf. Waar is die onderwysers? Is hulle opgelei? Indien wel wanner en in watter universiteit? Is die boeke al gedruk al elf tale? Hulle kan dan nie nou eers alle boerke by alle skole afgelewer kry nie.

Hesta ·

Shame die arme ou beveel reg spel aan omdat hy so sukkel met spel! Omtrent eindig met t en nie d nie! Een uur ekstra skooltyd beslis n moet. Ons het jare terug almal n swart taal geleer. Dit het my al uit moeilike situasies gered.

Jasper ·

Met die ekstra tyd kan kinders nou meer aandag aan die volgende vakke gee : Black Berry, Galaxy S4, I Pone, I pad en porno.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.