Leerlinge ondervra oor Gauteng-tiener se moord

Tien hoërskoolleerlinge is Maandag ondervra nadat ʼn tienermeisie se liggaam in Gauteng opgespoor is, het die polisie Dinsdag gesê.

“Die 15-jarige slagoffer se liggaam is Maandagoggend in Soweto aangetref. Die tien leerlinge is deur die polisie ondervra as deel van die ondersoek,” het ao. Kay Makhubela gesê.

“Ons wou weet of hulle van enigiets of enigiemand weet, wat met die tiener se dood verband hou.”

Lungile Kubeka, die slagoffer, se liggaam is Maandagoggend in ʼn erf gevind. Die polisie vermoed dat sy verkrag en toe verwurg is. Daar was geen ander oop wonde aan haar liggaam nie.

Ontstoke inwoners van die omgewing beweer haar kêrel was vir dié daad verantwoordelik. Hulle het by die Sebetsa O Thloe Moputso Sekondêre Skool in Dobsonville vergader en het aangedring daarop dat hy hom aan die polisie oorgee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.